Language
stringclasses 51
values | Source
stringclasses 724
values | Date
stringlengths 7
10
| Text
stringlengths 1
29.5k
⌀ |
---|---|---|---|
Afrikaans | sake24.com | 2009/04/23 | Die gaping in groepverkope tussen Toyota en Volkswagen het met 363 000 voertuie gekrimp in die Januarie tot Maart-kwartaal van 840 000 ’n jaar gelede. – Reuters |
Afrikaans | sake24.com | 2005/08/30 | Wat verblydend is, is dat inwoners van die midddestad en mense wat daar werk, gebruik maak van die blikke op wiele. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/09/17 | Die stilte waarmee Abbas hom omring het, word ná sy siekte verbreek. En hy vertel self sy verhaal – baie teësinnig en nukkerig – op ’n bandjie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/12/16 | KULTUURGROEPE uit elke uithoek van Namibië het die Vineta-sportterrein etlike dae lank in feestelikheid getooi tydens die jaarlikse kultuurfees van die Ministerie van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur wat vanjaar op Swakopmund gehou is. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/12/30 | ABI het Dinsdag gesê van sy voertuie is met brandbomme gegooi en werkers wat nie staak nie, is geïntimideer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/07 | Wees op die uitkyk vir lekplekke en verseël dit sou gou as moontlik. Sodra die dakwerk voltooi is, kyk na die buitemure van die skoorsteen. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/03/14 | Of die ding wat sokkies en sakdoeke vreet, familie is van die ding wat gate in onderbroeke vreet, weet g’n mens nie, want hy is net so onsigbaar. En die ergste is, ‘n man kom skynbaar self nie agter die ding wat die gate in vreet het ‘n man se ondergoedgoedjies beetgehad nie. In elk geval nie voor hy in die koerant lees van die gate nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/10 | Vyf minute voor die rustydfluitjie het die lenige Kazeurua soos blits die bal in die regterhoek van die doelhok geskop nadat dit eers vanaf die regterpaal teruggebons het. Ná die omdraaislag is geen doele behaal nie, hoewel albei spanne kanse gehad het om die telbord te laat aanrol. Stars se aanhangers het die oorwinning rustig geniet en spontaan applous gelewer wanneer doele aangeteken is. Vrydagaand se derby tussen Cymot SKW en Ramblers in die Sam Nujoma-stadion sal nie lank deur toeskouers onthou word nie. Ná 90 powere minute het die telbord op 1-1 bly staan nadat geen span in die eerste 45 minute n doel kon aanteken nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/07 | Die liefdadigheidsorganisasie is opgewonde om saam met die Primêre Skool Eros te werk deur jong San-kinders van n eersteklas opvoeding en die geleentheid van n lewe sonder armoede te voorsien. Die N/aan ku sê Clever Cubs Pre-School leer San-peuters in Engels en Afrikaans oor lees, skryf en wiskunde. Die kinders is die seuns en dogters van die San-mense wat by N/aan ku sê werk. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/22 | Dit is veral Investec se kontantposisie, kapitaal en deposito’s wat gesond lyk. Sy kontantbronne beloop ?6,7 miljard. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/07 | VRYPOSTIG ruil vandag geen kind se doekies om nie. Ons praat soos die Ingelsman sê, Lets call a spade a spade. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/03/24 | Suid-Afrikaanse ontwikkelaars is reeds besig om die Afrika-waters te toets en die AltX-genoteerde Pinnacle Point Group (voorheen Acc-Ross) het verlede week op die Nigeriese beurs genoteer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/04 | Aanvalle op bejaardes wek ernstige kommer |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/01 | Hy werk rondom ’n sirkustema en sê daar is ’n vreemde groep mense in sy kop wat geverf wil wees vir dié geleentheid. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | 340 ml-blik Coke |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | Die volgende kontakbesonderhede word ook gegee: 00860 266 786 en www.ncc.org.za. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/25 | Dit moet n doelbewuste besluit deur die bestuurder wees om nie te jaag, die voertuig te oorlaai, n onpadwaardige voertuig te bestuur of die verkeersreëls te verontagsaam nie. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/22 | Na aanleiding van Patricia de Lille se versoek dat blankes om verskoning vra, wil ek as 54-jarige blanke man om verskoning vra. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/15 | Volgens supt. Kanime sal dit van die sukses van die vergadering afhang of maandelikse vergaderings van die aard voortaan gehou sal word. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | Ek mis kleure-atletiek op skool. Word daar nog kleuresport in klein dorpe gehou? Ons was twee spanne, die Witspan en die Groenspan, en die eerste twee of drie weke van elke skooljaar was dit oorlog. Dit het nie saak gemaak of jy vinnig kon hol of hoog kon spring of as jou armpies veels te dun was vir gewigstoot nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/10/02 | Hy het reeds na Kyalami verhuis. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/01/06 | Nou moet nege lande wat aan die Noordsee grens koppe bymekaar sit. |
Afrikaans | praag.co.za | 2008/04/04 | waar mense in landelike gebiede kilometers moet loop na die naaste kliniek. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/07/07 | Die fonds is tydens die afgelope beraad van Afrika-staatshoofde in die land se hoofstad, Accra, amptelik van stapel gestuur. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/07/05 | Die wet is daarop gemik om verbruikers teen enige onredelike, onbillike of onregverdige optrede te beskerm. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/02/25 | Die Gautrein was nie aanvanklik beplan met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie en die eerste fase sou laat in Junie, in die middel van die toernooi, voltooi word. |
Afrikaans | praag.co.za | 2008/08/07 | 'n Digitale kopié van die meesterstuk is oor die afgelope weke bygewerk om 'n ontblote bors toe te maak. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/05/06 | Hy sê die polisie het op 500 kg van die bytmiddel, wat nog nie geïdentifiseer is nie, beslag gelê. Die name van die aangehoudenes is nie bekend gemaak nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/10/30 | van ses generators wat in Desember 2012 in die nuwe Medupi-kragsentrale by Lephalale sou begin draai om krag op te wek, maar hooggeplaaste bronne het verlede week aan die nuusagentskap Bloomberg gesê Medupi sal eers tien maande later krag aan die netwerk kan lewer weens vertragings met die bouwerk. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/26 | Mnr. De Bruin het steeds aan n buiteband geklou en toen houvas op die kano gekry en is daarna deur die twee mans op die reddingstuigie gesleep. In daardie stadium was hy net in n T-hempie met die magtige stroom wat die res van sy klere gevat het. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/08/01 | mark maar kan ook die gratis koerantmark insluit. Hierdie bevinding is moontlik nie spesifiek ten opsigte van samesmeltings nie maar dit is ’n aanduider van ’n moontlike geskiedenis van samewerking in hierdie mark en dit sal verder deur die kommissie ondersoek word benewens die samesmeltingsondersoek," sê die kommissie se verslag. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/29 | Karlien is n kunstenaar wat haar gehoor verstaan en sing liedjies wat die hartsnare roer en die voete kielie. Aanhangers kan nie genoeg kry van haar nuwe treffers In my drome, Kom ons dans en Niks kan ons nou meer stop nie. Karlien was n semi-finalis in Reik na die Sterre-kompetisie, sy het n tweede plek verower in die ATKV se Bravura-kompetisie en was in Idols se top 50. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/19 | Is dit nie vir ons mense bedoel wat sonder werk is nie? In Mariental is net 40 mense gevat, hoekom? Daar is baie van ons wat sonder werk sit met gr12 en goeie punte. Ander plekke het meerder mense gevat. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/26 | Hy is op Grootfontein gebore en het, nadat hy lank in Johannesburg gewoon het, na sy tuisdorp teruggekeer om met die nuwe onderneming te begin. Wanneer die deure geopen word, sal Simondeum Fine Meats een van die modernste vleisfabrieke in die land wees. Volgens die bestuurder, sal die produkte uit en uit op n nismark gerig wees. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/04/05 | “Van die gestorte bande word maklik teen die helfte van die prys van plaaslik vervaardigde bande verkoop, maar die leeftyd van die ingevoerde bande is aansienlik korter,” sê Human. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/10/15 | Die JSE se indeks van alle aandele het gister met 3,1% tot 22 117,06 punte geklim. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/10/25 | Gaddafi het nog gelewe toe hy deur die rewolusionêre NOR-rebelle gevange geneem is, maar latere video's het getoon hoe NOR-rebelle oor sy lyk staan. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/01/29 | Ondergrondse mynproduksie by Marikana het egter ook met 3,9% afgeneem tot 2,6 miljoen ton erts weens ’n week lange opskorting van bedrywighede om veiligheidsredes in Desember. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/05/12 | BBP-verliese kan nooit weer opgebou word nie. Hoewel die landbou se bydrae tot BBP taan, bly die sektor egter groei. Vink meen dít is gesond, want die plaaslike landbousektor stel steeds die res van die ekonomie, soos voedselvervaardiging en kleinhandel, in staat om te kan groei. ’n Geval soos Ethiopië, waar landbou sowat 95% tot BBP bydra, is ongesond. Waar landbougroei wel vinniger as die res van die ekonomie behoort te wees, is by uitvoer, sê hy. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/20 | Bianca is ook n gebore en getoë Swakopmunder wat n Kaapse draai gemaak het om te gaan studeer voordat sy teruggekom het Swakopmund toe. Ook sy het eers by n ander salon gewerk, maar het die kans aangegryp toe sy hoor Delta soek na n haarkapper. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/02 | “Ná die onderhandelinge platgeval het, was daar geen behoorlike kommunikasie oor hoe MTN die pad vorentoe sien nie. Daar is eerder ’n volstruisstrategie gevolg,” het ’n top-telekommunikasie-ontleder gesê. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/03/25 | Teen Woensdagmiddag het altesaam 351 boere klagtes teen Malema ingedien. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/11/09 | Om 'n biomoniteringstandaard in te stel, sal van die regering verg om bykans almal in die land te toets vir verskillende chemikalieë in hul liggame. Daarvolgens kan dan 'n aanvaarbare vlak opgestel word vir elke streek. Maar Coombs sê só iets sal minstens vyf jaar neem en nóg vyf jaar se monitering kos om te sien hoe die vlakke verander al dan nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/11/28 | vraag is: is dié formule gelyk toegepas? Iemand kon, byvoorbeeld vir 200 aandele aansoek gedoen het, en net honderd ontvang het. Met dieselfde formule kon iemand vir 10 miljoen aandele aansoek doen, en net ’n miljoen ontvang. Só is die formule regverdig toegepas,” sê hy. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/02 | Gaan reis jy maar, ou seun, net so wyd as jy kan, dink ou Dapper, wat sy reiswerk maar op die web en TV doen. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/02/20 | Een van die voorkeurprojekte wat hierdeur gefinansier word, is die Rea Vaya-snelbusdiens in Johannesburg. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/30 | Air Namibia se vlugte na die Noorde is vol bespreek, gastehuise en hotelle daar is stampvol en die hele ekonomie van die sentrale noordelike gebied van die land vind baat by die groot aantal besoekers en uitstallers wat dié tyd van die jaar na Ongwediva stroom. TransNamib het vanjaar spesiaal die bekende Desert Express-trein na die Noorde geneem om plaaslike sakelui die geleentheid te bied om eerstehandse ondervinding op te doen van die trein en sodoende ook die luukse spoorervaring te bemark. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/02/14 | Hy sê die vraag daarna sal toeneem namate meer verbruikers die internet vir alledaagse aankope benut. “Net soos dit alledaags geword het om jou vliegkaartjies aanlyn te bespreek, sal al hoe meer (Suid-Afrikaanse) verbruikers die internet vir kleiner aankope gebruik,” sê Long. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/09/19 | En in die middel daarvan sit sy self, ’n ronde, appelkooskleurige skoonheid van die nag. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/02/24 | Mango beplan om sy kapasiteit met 25% uit te brei terwyl sleutel-lughawes opgegradeer is om die ekstra verkeer te kan hanteer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/14 | Verwysing na die persoon wat vra of dit net sekere mense is wat saamboulenings kry. Dit gaan nie oor getroud of ongetroud nie. In elk geval verdien iemand wat nie getroud is dit meer as iemand wat getroud is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/15 | Turkish Delight in Istanboel |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/22 | Die proses moes binne 30 dae afgehandel gewees het. Uitstel kan net gebeur met die skriftelike toestemming van beide partye. Die vakbond het nie ingestem nie, is benadruk. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/07/12 | Na die openbare ontevredenheid oor die oorspronklike toltariewe wat in Februarie ingestel is, is daar vroeër hierdie maand besluit om die tariewe te verlaag. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/22 | Me. Kruger se liggaam is Donderdag in die /Uheros-gebied, ook bekend as Verdruk, deur n skaapwagter onder n bos ontdek. Daar was n tou om die oorledene se nek gebind. Dit is onseker of haar kêrel die sterfte dalk na n selfmoord wou laat lyk. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/11/13 | Dié groep het ook probeer om die matriekeksamen by die Ikamvalethu Sekondêre Skool en die Isilimela Sekondêre Skool te ontwrig. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/08/10 | Dr. Iyambo en die besturende direkteur van Bank Windhoek se passie vir die onderwys van Namibië is ’n groeiende boodskap van potensiaal van konsepte in die Etameko-stal. Oor hierdie “eerlike passie vir onderwys as ’n gedeelde verantwoordelikheid” is die Minister ontsettend opgewonde met aanmoediging vir verdere innovasie deur Republikein en die DMHkoerantstal. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/11 | Volgens die 2009/10 jaarverslag van die polisie is die uitdagings verder verhoog deur n tekort aan menslike hulpbronne, kennis en vaardighede, geskikte diensvoorwaardes, behuising, kantoorspasie en infrastruktuur. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/10 | Smale is beïndruk met die kompetisies wat Tobias aanbied en die puik ondersteuning van die gemeenskap. Elke keer as ek na Windhoek reis om bokstoernooie by te woon, word ek aangenaam verras deur die duisende boksliefhebbers wat teenwoordig is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/02 | Terwyl dié vrese geheers het, is die plaaslike mark deur veral die verkope van nywerheidsaandele geknou. Dié indeks was 1,4% swakker terwyl die hulpbronindeks 0,6% stewiger was. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/08/24 | Jy kan die perd nie eens meer na die water neem |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/04 | Die Swapo-oplossing was om die nommer 3 op hul lys, mnr. Johannes Hamutenya, aan te sê om terug te tree. So kon sy plek deur die nommer 4 op die Swapo-lys, me. Selma Nelumbu, ingeneem word. Me. Nelumbu was een van die uittredende raadslede en aan haar is toe die amp van burgemeester toegeken met mnr. Hamutenya wat sy status as raadslid kwyt was. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/04 | Die Wanaheda-polisiekantoor in Katutura, Windhoek rig n versoek aan die publiek om te help met die opsporing van die agttienjarige Franky Nicky Johannes, wat op 21 Maart vanaf sy huis (Erf 5243, Shalishangestraat, Damara-lokasie) vermis geraak het. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/08/27 | “Ons woonstel is op die 24ste verdieping in sone A, wat die gevaarlikste deel van die stad is,”sê sy. Die Steiners het alles in die woonstel weggepak, meubels toegegooi en skilderye afgehaal voor die ontruiming. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/22 | Hulle het glo vier dae by die Purros kampeerterrein in Kaokoland in die Kunenestreek gekamp. Dit is ook in die Purros bewaringsgebied waar die drie woestynleeus onlangs vergiftig is. Die eienaar wat die voertuig aan die egpaar Blasi verhuur het, het die tragedie aan Republikein geskets soos deur die vrou van die oorledene aan hom oorgedra is. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/04/01 | In Februarie het die vakbond Solidariteit 'n saak oor regstellende aksie gewen waarin kaptein Renate Barnard deur die Suid-Afrikaanse polisie bevorder behoort te word nadat dié pos weens haar ras aan haar geweier is. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/03/23 | "Walmart is vas oortuig dat Massmart ’n besondere beleggingsgeleentheid is," het Massmart gesê |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/11/04 | In Pole en Tsjeggië was die gevoel meer positief oor die ekonomiese situasie, maar in Hongarye het 72% gesê die teendeel is waar. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/04/29 | 7.5 Vierdens, kan daar aktief georganiseer en gewerk word aan die instelling van ‘n statutêre Afrikaanse Taal- en Kultuurraad soos in art 185(1)(c) voorsien. ‘n Statutêre Afrikaanse Taal- en Kultuurraad met magte van inspraak en beperkings op regeringsoptrede wat die Afrikaanse taal en kultuur nadelig kan beïnvloed, sal uiteindelik gewig aan die Afrikaner se grondwetlike reg op taal en kultuur gee. In hierdie verband kan die opstel en propagering van ‘n algemene Handves vir regte op kultuur-, godsdiens en taal ‘n hoogs belangrike beginpunt wees. Weer eens moet egter beklemtoon word dat die aandrang op ‘n Afrikaanse Taal- en Kultuurraad nie eensydig mag wees nie en ook gepaard moet gaan met die aandrang op taal- en kultuurrade vir ander inheemse tale en kulture. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | Die werklikheid is egter dat die waardestelsel van die ANC se bevrydingsideologie besig is om in sy wese te verrot en in duie te stort. Aangesien die ANC ook die dominante politieke party is, is die verval van sy waardestelsel ook besig om uit te kring na die breër samelewing. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/08/14 | Behou eerder die basiese komponente van jou ontwerp, sodat jy dit ook aan ander kliënte kan aanbied. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/11/25 | Die debat oor die Wetsontwerp vir die Beskerming van Inligting was Dinsdagmiddag reeds aan die gang toe mnr. Marthinus van Schalkwyk, ons minister van toerisme, by die Nasionale Vergadering se deur instap. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/09/11 | Afgevaardigdes het voorgestel dat elke plaaslike owerheid se armoedeprofiel en diensleweringteikens as wegspringplek vir die bepaling van staatsbydraes tot beide bedryfs- en kapitaalbegrotings moet dien. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Hy het gevra dat die saak vir ’n week uitgestel word sodat hy kans het om versagtende getuienis voor te berei in die hoër hof. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/06 | Die persoonlike risikoprofiel kan deur enige belegger nagegaan word om te bepaal watter fondse hom of haar sal pas. “Die voordeel hiervan is dat dit emosie uitskakel wanneer ’n besluit oor ’n belegging geneem word.” |
Afrikaans | sake24.com | 2010/06/09 | Terwyl die ebitda-tabel op grootte eerder as groei berus, is daar tog interessante gevolgtrekkings wat uit die ranglys gemaak kan word. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/24 | Pleks daarvan dat hy die Essa kritiseer, moet hy kyk na die Assa en besin oor die vermenging van (sy eie) taal deur die gebruik van Essa-woorde soos “amazing”, “stunning” en “koel” om maar net ’n paar van die “Guava”-slengwoorde aan te haal wat ronddryf soos kuttels in ’n sinkput. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/05 | Hy hoop sterk kommoditeitspryse sal help dat Afrika n groeikoers van tussen 6% tot 7% teen 2020 kan bereik. Tans is die gemiddelde groei op die vasteland sowat 4,5%. Maar die werklike vraag is, as dit (die hoë groeikoers) bereik word, sal die regerings goeie beheer uitoefen en seker maak dat welvaart versprei word en in infrastruktuur belê word? Mnr. Tim Flynn, voorsitter van KPMG International, het gesê dit is duidelik dat markte gestabiliseer het, veral as gekyk word hoe die markte die skokke van die afgelope vier maande gehanteer het. Hy het gesê die wisselvalligheid wat tans in die wêreld gesien word, sal vererger as daar nie groei is nie en welvaart nie behoorlik versprei word nie. D i e WE F duur tot vandag. Sake24 |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/07/06 | Beeldmateriaal wat op die staatstelevisie uitgesaai is wys bebloede mense wat in die straat lê terwyl motors brand. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/10/31 | Hy het vroeër gesê Exxaro beplan om in 2013 met die Fairbreeze-myn by Mtunzini te begin |
Afrikaans | sake24.com | 2009/10/31 | Die raad hoop wysigings aan die Loterywet sal voorsiening maak vir beter toesig en verantwoordbaarheid deur die verspreidingsagentskappe wat aansoeke namens die Loteryraad verwerk. Tans dwing die wet nie die ouditering van die verspreidingsagentskappe af nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/22 | In Windhoek alleen is daar gebiede soos Greenwell Matongo, Goreangab, Havana, Okuryangava en talle ander informele nedersettings waar mense in huise bly wat gebou is van verskillende materiaal wat wissel van bakstene en hout tot plastieksakke. Maak nie saak waarvan hierdie huisies gebou is nie, almal het krag nodig, sê hy. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/02 | Prospekteerwerk op die Otjikoto-projek het getoon dat n bron sowat 1,93 miljoen onse goud beskik. Die eksplorasiegebied beslaan 300 000 hektaar naby Otavi. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | Mnr. Jacques Smalle, DA-adjunkwoordvoerder oor handel en nywerheid, sê hy gaan Woensdag ’n wysigingswetsontwerp aan die parlement voorlê om sulke korrupsie en die wanbesteding van Lotto-geld te keer. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/11/13 | Paul Holden is medeskrywer van die boek. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/05/18 | Met meer uitstallers as tevore wat die jongste produkte en dienste vertoon, beloof die Expo weer iets uitsonderlik. Vanjaar sorg n wye verskeidenheid kulinêre uitstallers dat geen skouganger sal honger ly nie. Met talle eetplekke wat by die Expo verteenwoordig is, is daar geen tekort aan lekkernye waaraan skougangers kan smul nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/15 | Volgens die klagstaat het hulle vanaf 19 Maart 2007, toe die eerste van die buitelanders die land binnegekom het, tot September 2007 altesame 474 debiet-, krediet- en geskenkbewyskaarte vervals en dit by plaaslike outomatiese tellermasjiene gebruik. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/20 | Die ouditeurs het bevind die departement het vir ’n aantal kontrakte nie behoorlike verkrygingsprosedures gevolg nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/04 | Prof. Raymond Parsons, Busa se adjunk-direkteur, het gesê besoldiging is een kwessie in ’n wyer probleem wat aan die hart lê van hoe staatsmaatskappye bestuur word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/05 | Aan al die deelnemers bied dit die ideale geleentheid vir bemarking. Die eerste prys is N$30 000, N$20 000 vir die tweede plek en N$10 000 vir die derde plek. Die eerste ronde, met Shem Yetu en die Sigera Band het reeds gisteraand plaasgevind, maar môre is die Mighty Dreads en die Heritage Band aan die beurt. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/10 | ’n UA bied aan beleggers ’n gedissiplineerde middel om vir aftrede voorsiening te maak. Geen onttrekkings kan tot voor aftrede gedoen word nie. Dit bied beskerming teen krediteure, wat voordele vir veral ondernemers bied. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/18 | “Beskerm u regte en belange! Verseker sosiale en ekonomiese stabiliteit! Help om misdaad te bekamp! |
Afrikaans | sake24.com | 2007/04/25 | Vir boere het Jacobsohn die raad gehad om waarde tot hul produkte toe te voeg en uit die kommoditeitsmark te probeer tree. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/05/30 | “Ons noteer omdat ons reg is om ons los te maak van die boeie van ’n swartbemagtigingsmaatskappy en die korporatiewe wêreld wil ingaan. Ons wil gesien word as ’n volwaardige maatskappy en moet daarom die vereistes van só ’n maatskappy nakom.” |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/09/28 | Kriel het gesê dat hulle werkgewers oor die laaste paar dae verskeie aanbiedinge op die tafel gesit het, maar die groot struikelblok is die werkgewers se loonverhoging wat bydra dat werkers hulle deel van hul jaarlikse bonus verloor. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/10/22 | “Ons het nog nie die nomineringsproses (sic) afgehandel nie,” het die direkteur van verkiesings benadruk. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/30 | Mnr. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het die kritiek as “onregverdig” bestempel en gemaan dié “strategiese herstrukturering” moenie “verpolitiseer” word nie. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/02/23 | Die eenheid is in 2007 ontbind nadat voormalige komm. Jackie Selebi beslis het dat alle spesialiseenhede ontbind moet word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2009/08/25 | Gawie Kanjemba van die Hoërskool Etosha het weer die interaksie met die verskillende kultuur baie verrykend gevind en die nasionale parke in Swede ook baie geniet. Later vanjaar word die projek herhaal en besoek die Swede die noorde van Namibië om weer eens ’n groep te keur. Gawie kwalifiseer nie om deel te neem nie, aangesien hy gekies is om as voorsitter op te tree by hierdie geleentheid. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/23 | Jy het n tussenpose wanneer die somers lank is en jy verbou op die groott e van jou plaas en skielik jaar na jaar, bevind jy jouself in die verkoelingsneiging en die somers raak korter en koeler en jy kan nie soveel hooi maak nie, sê DAndrea. |