Language
stringclasses 51
values | Source
stringclasses 724
values | Date
stringlengths 7
10
| Text
stringlengths 1
29.5k
⌀ |
---|---|---|---|
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/14 | Die veranderinge aan die Britsgeboude Avensis sluit in hersiene stilering aan die buitekant, wat n voorkantontwerp ingevolge Toyota se nuwe ontwerpstyl insluit. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/20 | Duitsland se mans- en vrouespanne is die afgelope twee jaar die verdedigende kampioene. Beide Namibië se spanne is hard aan die voorberei vir die wêreldtoernooi wat van 8 tot 13 Februarie plaasvind. Die Regering het vroeg in verlede maand N$1,2 miljoen aan die Namibiese Hokkiefederasie (NHF) beskikbaar gestel om al die koste te dra vir die voorbereiding van die twee spanne vir die Wêreldbeker. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/28 | Mnr. Estienne de Klerk, uitvoerende direkteur van Growthpoint, die land se grootste genoteerde ?eiendomsgroep, het Vrydag aan ?Sake24 gesê die maatskappy sal sekerlik belangstel om die V&A te koop as hy die kans kry. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/12 | Mustek is se finansiële-resultate-advertensie vir die jaar tot einde Junie vanjaar is aangewys as die beste advertensie wat inhoud betref. Silverbridge Holdings was tweede en Exxaro derde. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/02/04 | nadat LMS se raad van trustees in Junie verlede jaar teen ’n samesmelting met die mediese fonds Spectramed besluit het. Die vete het ook einde verlede jaar in die hof gedraai. Vmed en Vmedical Solutions het toe ’n dringende aansoek by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien om te keer dat twee LMS-trustees betrokke raak by besluite oor sekere kontrakte wat Vmed en Vmedical Solutions vroeër met LMS oor verkoops-, verspreidings-, bemarkings- en administratiewe dienste gesluit het. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/06/09 | Hierdie hersirkulering van kaders werk net so negatief in as die gevalle waar nie teen kaders opgetree word nie, of nie voor dit werklik nie meer anders kan nie. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/07/15 | Volgens ao. November Filander, polisiewoordvoerder, het ’n argument tydens hul ontmoeting ontstaan waartydens “die verdagte aggressief geraak en die kantoorlessenaar op die professor omgekeer het”. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/20 | Die plant is besonder gehard en kan selfs uiterste klimaatsveranderinge weerstaan. In die somer kan die temperature in die Wes-Kaap tot 45ºC styg en in die winter daal dit tot onder vriespunt. In hoogliggende gebiede is daar by tye ryp, sneeu en sterk winde. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/19 | Dit volg op twee vorige ekspos deur SMEs Compete in die Erongo-streek een op Walvisbaai en een op Uis. Die laaste ekspo van die jaar sal in die eerste naweek van Desember op Oshakati gehou word. Die kusekspo op Walvisbaai is die vierde agtereenvolgende jaar aangebied. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/06/01 | Daarom moet 'n Afrikanerafvaardiging so gou moontlik uit die geledere van Afrikanerorganisasies en politieke partye aangewys word. So 'n afvaardiging moet dan onverwyld 'n afspraak met die twee ministers van onderwys, Angie Motshekga en Blade Nzimande, bekom om oor die oorhandiging van die Afrikaanse skole, asook een of meer universiteite, te begin onderhandel. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/03/14 | Trusts word nie in alle wêrelddele erken nie en noodsaak dikwels ’n kombinasie van ’n trust en ’n maatskappy om dit regsgeldig in daardie jurisdiksie in werking te stel. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/28 | Dit was ook duidelik dat al hierdie inligting nie aan Scott gekommunikeer is nie, wat volgens Pillai ’n groot fout was. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/14 | Na n oorlog van 13 jaar in Angola en met terugslae in twee van sy ander oorloggeteisterde gebiede, sou die uitgemergelde Portugal homself n nekslag toedien vanweë sy vegmoeë weermag. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/06/21 | Pick n Pay se pogings om groter steun van die opkomende swart middelklas te trek, dra vrugte. Die kleinhandelaarsgroep besit 50% van Soweto se kruideniersmark teenoor net 5% drie jaar gelede. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/10 | Die VSA se hoofonderhandelaar, Todd Stern, het Sjina aangespoor om “by hulle belofte” om die land se groei in koolstofuitsette te vertraag en om die verklaring deel van ‘n internasionale klimaatsveranderingsooreenkoms te maak. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/10/11 | Veral gegewe die benarde toestand waarin die meeste munisipaliteite hulle bevind, is dit verregaande dat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) hoegenaamd so ’n voorstel kan doen. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/14 | Hoofinsp. Clay het by navraag alle aantygings van onderduimsheid ontken. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/02/12 | Die hoofdoel is om waardes te kweek wat verdraagsaamheid teenoor misdaad se rug sal breek. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/07 | Dit sou beteken dat hy nou, terwyl die mededinging in die plaaslike konstruksiebedryf winsgrense afdruk, soveel moontlik kontrakte moet toeken. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/01 | Gedurende 'n verrassingsbesoek aan Afghanistan, twee weke gelede, het Rudd die versekering aan sy soldate gegee dat hulle daar is vir die lange duur. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/03/23 | Sy het gesê dat sy oor jare dinge opgemerk wat by Petzetakis gebeur het en wat verkeerd is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/21 | Die beskuldigde het kort na die moord aangevoer dat sy vrou deur twee handsakdiewe oorval en met n mes doodgesteek is. Hy is egter aangekeer nadat kinders uit die huwelik na bewering die moordwapen uitgeken het as deel van n messestel wat die De Jays tydens n braaivleis gebruik het. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/06/08 | Het beleggers toegang tot die lys van onderliggende beleggings in die verskansingsfondsportefeulje? |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/30 | Hoe meer ons sien van Suid-Afrika en sy omstreke, hoe meer is ons daarvan oortuig dat dit n belangrike streek is met aantreklike groei-moontlikhede. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/01/21 | Onder Suid-Afrikaans-verwante aandele het Liberty International met 7,8% herstel tot 1 003p. Ou Mututal was 8,5% laer teen 141p en SABMiller 12,6% laer op 1 179p. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/12/19 | Anders as om agterdog te kweek en die onus te skuif na die kliënt, wil ek liewer vandag vra dat dit die adviseur is wat binnetoe kyk. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/10 | Soos met enige ander byeenkoms waar groot groepe mense byeenkom, het daar wel vanjaar probleme opgeduik, maar oor die algemeen was skougangers volgens die visepresident tevrede met dit wat hulle gebied was. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/01/18 | Dyer het gesê dat ten spyte van die onlangse afname in die gemiddelde huisaankoopprys die vooruitsig vir die eiendomsmark in 2011 gesond bly met verdere nominale groei wat deur die jaar verwag word, hoewel teen ’n stadiger pas as in die eerste helfte van 2010.- I-Net Bridge |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/03 | Die Namibiese Gevangenisdiens het in1998 ʼn samewerkingsooreenkoms met die CSC gesluit, met laasgenoemde wat ondersteuning aan die NPS verleen, veral ten opsigte van die ontwikkeling van n korrektiewe stelsel. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/03/23 | Lees gerus meer oor José op sy blog, www. pedaljoe.blogspot.com. José kom môre in die hoofstad aan. As jy vir José met sy trapkar op die langpad sien, stop gerus, bied hom ’n koue koeldrank aan en gesels met die interessante man met die warm hart. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/27 | Want klein Hermanus Benjamin se lus vir onder meer komkommer het soos F. W. Reitz gedig het ondanks die aanvanklike belangstelling sommer gou-gou verlep. Soos die geneentheid vir tjom tamatie, nes komkommer ewenwel n vrug, al dink sommige en veral die Bennamanna met sy optrekneusie aan hom as groente. Enigiets wat vir die mannetjie op n G-of selfs n V-woord lyk, sukkel maar om oor die lippies te kom. Virrie groenblare van Lactuca sativa sê die knaap bokslaai en die kans is goed dat hy veel eerder bokkom sal eet. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/29 | Volgens n verklaring doen die Ministerie n beroep op rolspelers om die landwye slypskole by te woon en n bydrae te lewer in die finalisering van die genoemde wetsontwerp en om deel te wees van die proses wat tot die opheffing van die moratorium kan lei. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/04 | United se agtsteman Winmar Rust het twee doele en drie strafdoele aangeteken. United se derde span het die eersteligawedstryd teen Politegnikum se eerste span met 43-14 gewen. Die wenspan se drieë was deur Mbapeua Kauoova, Gelhar Slabbert, Heini Kapele, Ryno Pienaar, Stefan Louw, Ian van Wyk en Dan Sule gedruk. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/30 | Die span het daarmee tot die eindstryd van die nasionale liga deurgedring, waar hy vir Pro Ed met tien paaltjies geklop het om die nasionale kampioen vir 2010 te word. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/10/13 | Die misdade word toegeskryf aan 'n man genaamd die "Sondag-verkragter". |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/07/28 | Die eerste boot wat hulle toe geneem het, kon nie die groot vrag hanteer nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/09/26 | Hoe goed die beginsel werk, was dié week duidelik toe daar op ’n byeenkoms by die Cultiva?ria-kunstefees in die Paarl alte?same R900 000 aan vyf organisasies oorhandig is. En McLaren sê die bedrag gaan groter word. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/01/20 | Volgens Le Roux het baie ondernemings verlede jaar hul voorraad verminder en is dié vlakke tans baie laag. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/06/24 | Luidens die verslag het die kurators al sowat R160 miljoen teruggevorder uit die verkoop van bates en eise teen individue wat bevoordeel is deur die swendelary by Fidentia. Na raming is sowat R1,1 miljard by Fidentia wanaangewend. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/08 | Sy moeder het woord gehou. Uiteindelik het sy hom na die Russies-Ortodokse teologiese seminarium in Tiflis (nou Tbilisi) gestuur. Hierdie seun was egter nooit lus vir die teologie nie. Hy het ook nie oor die persoonlikheidseienskap vir die bediening beskik nie. Hy was egosentries. Koppig. Hy het gevoel dat die lewe hom iets skuld. In akademiese geselskap het minderwaardig gevoel. Terselfdertyd was hy brutaal en wreed. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/28 | En met die frase uit ons ou volkslied, Langenhoven se woorde – van die klank van huweliksklokkies tot die kluitklap op die kis – begin Pappa se “Ag, had ik maar ... ” al hoe meer trek op spyt, op verlies, op ware berou vir alles in die lewe wat ongesê, ongedaan, ongelééf verbygegaan het. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/08 | Sy was in standerd 8 en dit was sangperiode. Hulle het ’n Simon & Garfunkel-liedjie geoefen. Kort daarna is juffrou vir iets kantoor toe geroep. Sy was skaars uit die klas of die groep meisies het aan die gesels gegaan. Daar het sy vir die eerste keer die vreemde woord gehoor: lesbeen?... Sy het nie ’n idee gehad wat dit beteken nie en het haar uit die gesprek probeer hou. Sy was ook te skaam om haar ma die aand daaroor te vra. Ook maar goed so, want tot vandag toe weet sy nog nie waarom sy gedink het dit het iets met ’n hoender te doen nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/01/20 | Die grootste verliese is deur winkelgroepe in die klere-, meubel- en bou-bedryf ervaar. Afset in die VSA het in 2008 met altesame 9,8% gedaal. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/16 | ’n GEES van opgewondenheid heers onder Keetmanshopers oor die nuus dat die langverwagte Neckertaldam wes van die dorp vir die eerste keer as ’n werklikheid begin gestalte kry. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/05/08 | Dikwels bestaan sulke inligting uit hoogs sensitiewe inligting oor mense, soos hul bankrekenings. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/17 | In die geval van die jongste aankondiging word die volgende Staatskoerant eers op 23 Februarie gepubliseer en streng gesproke sal die nuwe pryse eers van daardie dag af geld. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/05 | “Toe dink ek: Ons bruines het ook by Bloedrivier geveg, want jy moet onthou daardie Bloedrivier-oupa was maar drie geslagte van die bruin stamvader af. Later toe begin ek dink: Dalk moet ek gaan kyk of daardie oupa se broek regtig in die museum hang. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/03/25 | “Die werklikheid is dat daar nou baie wisselvalligheid in Afrika is, en jy moet rats wees om vinnig op marktoestande te reageer.” |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/08/16 | En terwyl die Verenigde State en die Europese Unie sukkel om te groei in die nasleep van die ergste ekonomiese krisis in dekades, het China voortgegaan om te klim om in die ekonomiese liga van swaargewigte te kom deur te belê in infrastruktuur en 'n $586 000 000 000-stimulusplan. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/11/23 | Microsoft se belangstelling word as ‘n regstreekse aanval op Google geïnterpreteer, want dit plaas druk op die soekenjin om te begin om vir inhoud te betaal. |
Afrikaans | sake24.com | 2006/01/08 | Coke in die een hoek, Pepsi in die ander. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/21 | Van links is Corinna Wahl en Julia Laggner, albei nasionale vlugbalspelers, saam met Danie Keulder, borgskapkoördineerder van die Namibië Brouery, en Gunnar von Dewitz, voorsitter van die DTS-klub. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/03 | Dit is in almal se belang dat inligting vrylik beskikbaar is, dat regerings deursigtig in hul werksaamhede is en dat mense weet wat besluit word en hoe dit hul lewens gaan raak. Dit is noodsaaklik om insae te hê in beleid en Kabinetsbesluite, wetgewing en beplande projekte. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/06/27 | Volgens mnr. Tonchi moes die produksiespan die regsimplikasies ondersoek. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/11/08 | "Die regering speel kat en muis met die publiek en dis nou tyd dat die padgebruikers in Gauteng opstaan teen immorele belastings en heffings soos toltariewe. Daarom gaan ons nou begin beplan vir publieke protes," het adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/04/19 | ’n Voorbeeld hiervan is die beleggings in Kaap Agri en KWV, wat elk hul eie bedrywig?hede het, maar ook op hul beurt weer afsonderlik beleggings het in Pioneer Foods en Distell. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2009/10/15 | Plekke wat tydens die toer besoek word sluit in: |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/09/12 | In 1975 tree hy uit die musiekbedryf om voltyds by sy seun, Sean, te wees. Vir vyf jaar noem hy homself n house husband en behartig die huistake terwyl Ono die finansies bestuur. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/03/22 | Kaapstad het verlede jaar Indië as die beste kontraksentrum-ligging ter wêreld geklop in 'n opname wat deur die konsultasiegroep Ion gedoen is onder senior bemarkers van 1 000 maatskappye. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/03/12 | Tagtig uitgedoofde kersies! |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/01 | Kenia se wildbewaringsorganisasie het sowat 65 mense in hegtenis geneem wat drie Chinese, drie Tanzaniërs en 59 Keniane insluit. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/11/26 | As hulle amper soveel soos jou inkomste is, is jy dalk gouer in die knyp as wat jy dink. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/29 | Volgens Motsoaledi kan dit wees dat antiretrovirale medisyne (ARM) meer ouer mense langer laat lewe, maar die toename kan ook te doen hê met die feit dat vroue nie kan onderhandel vir kondoomgebruik binne vaste verhoudings nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/02/02 | Prof. Carel van Aardt, bevolkingsekonoom van die Buro van Marknavorsing van Unisa, verwag dat veral die groeikoers van die middelklas sal stagneer. Die Reklamenavorsingstigting (Saarf) maak einde Maart die lewenstandaardemaatstaf (LSM) vir 2009 bekend. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/21 | “Het hulle spesiale tegnieke en oefenmetodes ontdek waarvan niemand anders weet nie ” wou Noah weet. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/20 | Volgens Dedig sou die bevelvoerder van die Osona-basis gister by hom besoek aflê. Ek wag nou nog vir hom. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/29 | Beeld het gister verwys na skole waarvan die skoolgelde baie hoër is as die nasionale gemiddeld van R5 000 per jaar per kind. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/28 | Die hoofwedstryd vir Saterdag sal die een tussen die Stormers en die Sharks op die Absa-stadion in Durban wees. Die Stormers is ná die naweek se wedstryd bo aan die punteleer, maar sal steeds katvoet wees vir die Sharks wat altyd vir n verrassing sorg. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/07/12 | Ons het skole, kolleges, universiteite en opleidingsinstitute wat opgerig is sonder om mense met gestremdhede in ag te neem. Mense met gehoor- of gesigsgebreke kan nie skole, universiteite of opleidingsinstitute van hul keuse bywoon om opleiding te verwerf soos dit in die land se Grondwet voorgeskryf is nie, het mnr. Nashilowski gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/11/19 | Terselfdertyd word Lonmin se gemeganiseerde skagte, Saffy en K4, omskep in ’n mengsel van konvensionele mynboutegnieke wat werkgeleenthede gaan bied vir diegene wat in Limpopo oortollig is. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/06/30 | "Of die onthullings oor lande aan wie SA die afgelope tien jaar wapens verkoop het, aan misplaaste solidariteit of gewoon onnodige landmyn-aftrappery op die internasionale toneel te wyte is, is moeilik om te sê. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/09 | “By Bafana Bafana werk ons hard om vorentoe te speel. Ons moet net ’n bietjie geduldig wees, die doele sal kom.” |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/10 | Oom Jan sê dat baie mense op verskeie wyses tot die oorlewing van die wilde perde van die Namib bygedra het. Terselfdertyd het hy alle krediet aan die eertydse CDM gegee vir die volgehoue steun wat tot die voortbestaan van die perde in die goed gepolisieerde Sperrgebiet gelei het. In dieselfde trant het hy sy dank teenoor die Suid-Afrikaanse Spoorweë uitgespreek wat gesorg het dat water ononderbroke vir die perde by Garub beskikbaar was. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/11/02 | Die oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik beskikbaar nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/02 | Daarna sal van Anglo se drie groot ontwikkelingsprojekte, die omstrede MMX-Minas Rio-projek in Brasilië, die Los Bronces-kopermyn in Chili en die Barro Alto-nikkelmyn in Brasilië, begin geld inbring. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/07 | PS: Namibië en sy mense is n onbeskryflik mooi land. Nie eens n digter, sanger of n foto kan dit probeer beskryf nie! Die wat nog nie in Namibië was nie sal dit nie weet nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/26 | DANIELLA Spangenberg het onlangs gekwalifiseer om Namibië op 30 Oktober tydens die eerste IBSA Afrika Judokampioenskap in Kaapstad te verteenwoordig toe sy die eerste plek in die 13 jaar tot 16 jaar ouderdomsgroep behaal het. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/07/07 | Die CAC 40 in Parys was 27,20 punte hoër op 4 279,95. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/12/05 | Die ekspedisies is Kana se manier om jong mense te mentor en op die pad van leierskapontwikkeling te help. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/02 | Mej. Tiener Wêreld Namibië, Drey-Andra Otto en Mej. Petite Namibië, Angeline van Niekerk, albei leerlinge van Tsumeb Gimnasium, het Vrydag N$2 000 aan Niekie namens die skool oorhandig. Drey-Andra en Angeline is albei aan A-Models verbonde. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/28 | Mnr. Swartz bring uitgebreide kennis in die bedryf saam met hom. In sy loopbaan het hy reeds in Switserland, Kaapstad en in Namibië gewerk. Diens is die eerste onderneming wat hy aan die publiek gee. Juis daarvoor sal heelwat veranderings aangebring word. Die diens van gehalte sal reeds geld wanneer Namib Oasis se deure oopswaai. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Sterk vennootskappe is nou nodig dat ook die stad se minder goeie punte in goeienuusstories omskep kan word. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/10/30 | Op die oomblik is rooijakkalse die grootste probleem, sê hy. En dit klink nie asof veel navorsing oor dié diere gedoen word nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/08 | Dit volg na wêreldmarkte verlede week skerp geval het nadat die Amerikaanse skuldkrisis net-net afgeweer is. Markte het aanvanklik positief gereageer toe die Amerikaanse skuldooreenkoms aangekondig is, maar die mate van kommer oor n moontlike wanbetaling het markte in vryval laat gaan. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/07/04 | indeks het in die tweede kwartaal tot einde Junie met 8,2% agteruitgeboer, wat die totale daling vir die eerste twee kwartale vir die jaar tot dusver op 4,1% te staan bring. Veral die hulpbronsektor het deurgeloop met ’n daling van 11,9% vanjaar. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/21 | Die afgelope jaar het VEBU se lidmaatskap vanaf 2 700 na 3 500 verhoog. Die toename in gewildheid van veganisme kan verbind word met die groei van die organiese kosmark in die laaste dekade. |
Afrikaans | sake24.com | 2011/02/08 | "Die stemming van die kommoditeitsvoorsuitsig-sessie gistermiddag het bevestig dat ons siening van ’n positiewe vooruitsig in ’n kort tot medium termyn positief is, selfs al bly die ekonomiese situasie in die eurosone ’n donker wolk oor die globale pas van herstel," het sy bygevoeg. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/08/20 | Afrikaanse skole in Johannesburg, wat hoofsaaklike deur blanke Afrikanerkinders bygewoon word, is gister en vandag deur stakende swart onderwysers geïntimideer om nie langer met klasse voort te gaan nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis is Afrikaanse skole gesluit verklaar, met onderwysers wat meesal nog op die terrein was maar kinders wat huis toe gestuur is. |
Afrikaans | beeld.com | 2010/08/18 | Eintlik moes Bok-ondersteuners van beter geweet het. Hulle het nou al sedert 1992 geleer dat die Bokke blykbaar nie twee goeie jare op ’n ry kan beleef nie. Daar het byvoorbeeld nie veel gebeur tussen die Bokke se Wêreldbeker-triomf in 1995 en die 17 agtereenvolgende oorwinnings in 1997-’98 wat die eerste Drienasies-titel ingesluit het nie. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/04/15 | Amerika het in 2008 $34 miljard spandeer in Afghanistan. Hierdie jaar beoog die Obama-administrasie, wat beplan om addisionele magte na die land te stuur, om $47 miljard te spandeer. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/27 | Sy sê die besoek is lankal beplan en dus nie onsensitief teen die agtergrond van die finansiële krisis nie. Dis “toevallig” dat daar nou ’n finansiële krisis is, sê sy. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/08/11 | ’n Verskuiwing het onlangs in die handels?voertuigbedryf plaasgevind. Swaarder handelsvoertuie vaar beter vanweë die omvang van vaste investering. Daarteenoor word minder ligte en middelslaghandelsvoertuie, wat veral verbruikersgoedere vervoer, benodig weens die druk op verbruikersbesteding. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/03/04 | Koper het verlede jaar 40,4% van Metorex se bruto inkomste van R1,251 miljard bygedra, goud 34,6% en fluorspar 13,7%. Die groep het ’n netto wins van R236,8 miljoen gemaak met ’n wesensverdienste van 48,21c per aandeel. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/24 | Hiervan sal sowat R90 miljard uiteindelik deur effekte ingesamel word. Binnelandse effekte wat vanjaar in Suid-Afrika uitgereik sal word, sal nog R12 miljard vir Eskom in, het mnr. OFlaherty gister gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/31 | Baie waarnemers meen die markte sal nou vir eers in die pas met die ekonomiese herstel wees en dit nie probeer vooruitloop soos die afgelope maande gebeur het nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/06/12 | Mnr. Rupieper was al betrokke by soortgelyke herstruktureringsprojekte by die Namibiese Brouerye (NBL), NamWater, die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) en die land se Agribank. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/04 | Zille het intussen gistermiddag op Twitter getoon sy is steeds ontevrede met Mnqasela. Nadat iemand getwiet het “Zuma het Malema, Zille het Mazibuko”, het sy geantwoord: “Verkeerd. Zuma het Malema. Zille het Mnqasela.” |
Afrikaans | sake24.com | 2011/07/04 | Die Newcastle-aanleg het op 24 Maart begin krag opwek wat aan Eskom gelewer word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/09 | Die totale inhoud was 324 kg en dit het n geskatte waarde van tot N$700 000. Die voorval word nog ondersoek en een verdagte is nog op vrye voet. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/26 | Fotografiese opvoeding, nie net vir ons lede nie maar ook vir die man op straat, is die ruggraat van die PSN, het hy gesê. |